top of page

VAN TOEKA
TOT NOU

GEANKER IN GOD
VANAF 1913 - NOU

|WAAR HET ALS BEGIN?​

​

In die hart van die Moot, het ons skool ontstaan in Junie 1913. Die eerste vier klaskamers was van sink, op 'n steenfondasie. Die eerste hoof, Mnr P de Klerk het gespog met net een personeellid, mev Weber.  Een van die leerlinge wat in die begin-jare hier skoolgegaan het, was Mnr Hardy Muller, later LPR, LV, Senator en ook vandaar die Hardy Muller sirkel.

Die eerste leuse van die skool was "WERK en BID". Mnr PG Badenhorst het dit verander na "Geanker in eie bodem" en die nuwe wapen is 1958 deur Mej Akkerhuys ontwerp. In 2012 verander die skool leuse na "
Geanker in God".

 

In 2012 is Laerskool Wonderboom-Suid steeds 'n skool ryk aan tradisies en kultuur. Wat van groot belang is, is dat oud-leerders met groot trots kan terugkyk en mooi herinneringe uit die verlede met smaak kan opdiep.

 

2013: Ons vier ons honderdste bestaanjaar met 'n Lofsangfees, Hoenderbraai, Kaskarresies en Waterspele. 'n Spesiale kerkdiens op 31 Julie 2013 word gehou by Wonderboom-Suid gemeente onder leiding van Ds At. Dieselfde dag open Mev Rina Pretorius (hoof) die gedenksteen in die binneplein. Ons kry 'n skoolvlag ontwerp deur Nicole Rademeyer, 'n graad 7 leerder van die skool.

​

|GESKIEDKUNDIGE GEBEURE:

​

1919: Eerste konsert, met 'n opbrengs van + R45.00

1920: Aandskool begin en hou aan tot einde 1921

1924: Eerste skooldrag is in ontvangs geneem.

1927: Mnr JJ Malhelbe neem waar as hoof, maar 'n departmentele aanstelling van mnr JV van der Merwe veroorsaak 'n staking in die skool. Ontstoke ouers verbied hul kinders om skool toe te gaan vir 'n week lank. Mnr van der Merwe het 'n totale dienstermyn van 21 jaar gehad by ons skool.

1930: Op 15 September  is 'n boomplantdag gehou. Leerlinge van Gr 1 tot St 6 het ongeveer 350 bome om die sportgrond van Wonderboom-Suid Park aangeplant. Pryse is uitgeloof vir die klas en kind wat die bome die beste versorg het.

1956: Skoolsaal word aangebou.

1976: Skoollied geskryf deur mev A Dreyer, en musiek deur Dr Lourens Faul gekomponeer, word vir die eerste keer gesing in Oktober hierdie jaar. 'n Trotse kultuur is daarmee by die skool gevestig.

1985: Eerste groot kermis met 'n opbrengs van R11,000.00.

2011: Mnr Pienaar tree af as skoolhoof na 21 jaar.

2012: Mev CW Pretorius word aangestel as die skool se eerste vroulike Hoof.

2013: 100 Jaar oud!
2015: Ons hou ons eerste Wildsfees en Bok van Blerk sing by die skool. Wat 'n fees!!!!

2018: Ons is 105 jaar oud! Ons hou ons eerste Colour fun!

2020: Covid-19 tref Suid-Afrika. Skole moet nuwe maniere kry om onderrig aan leerders te gee. LSWBS loots die gebruik van Google Classroom vir alle leerders. 

LSWBS_Website_Backgrounds (12).png
LSWBS - WEBSITE VIDEOS (Logo) (7).png

|VOLG ONS OP
SOSIALE-MEDIA

  • LSWBS - WEBSITE VIDEOS (Logo) (5)
  • LSWBS - WEBSITE VIDEOS (Logo) (6)

ONS
FACEBOOK-BLAD

ONS
INSTAGRAM-BLAD

bottom of page